Leer Ons Plaas Ken
Plaas Toe is 'n werkende gasteplaas in die Dinokeng Reservaat, net 20 minute buite Pretoria.
Ons plaas skuil in die hartjie van die bosveld, en bied die perfekte beginpunt vir 'n onvergeetlike wegbreek. Bring die hele gesin en kom kuier soos in die ou dae!

Ons Storie
In 2016 het ons met harte vol drome 'n stukkie grond uit Vader se hand bekom. Met baie uitdagings en baie bloedsweet dae later is Plaas Kalkheuwel op die been gebring. In Covid het ons feitlik elke dag ontsnap na ons stukkie paradys en so ook ons vriende.
So het Plaas Toe onstaan. Na baie saamtrekke en heerlike bosveld kuiers wou ons dit deel met julle, ons gaste wat deel is van ons familie wat elke dag groei. Met 'n liefde vir die natuurlewe en mense is Plaas Toe jou huis weg van die huis af!
